2013/05/16

EK het julle Wene belowe/ I promised you Vienna

Enige iemand met 'n halwe brein sou maan dat 'n dag en 'n half in Wene te kort is. Dit was. Gelukkig het my Brombeer my 'n wals in Wene belowe, wat ek toe nie gekry het nie, so eendag sal ons teruggaan. Vir die wals. Eendag.

Wat kan ek sê van die stad van musiek, wat nie alreeds holrug gery is nie? Van die eerste blik op die magtige Donau was ek betower. Ja, ek weet ek bgin klink soos 'n opwen orreltjie. Dis oud, oud. En pragtig en anders as my geliefde Praag, verstáan ek Wene, want sy praat Duits.

Ons het nie veel foto's geneem nie, want dit het Saterdag katte en honde gereën. So mooi- die grys gereënde strate, met die bont sambrele.  Maar wag, hier is 'n paar foto's

Anybody with half a brain would warn me that a day and a half is not enough to spend in Vienna. It wasn't enough. Luckily Mr Grumpy Bear promised me a waltz in Vienna, and he didn't deliver. So some day he will have to take me back. One day.

I can't say anything about the city of music that hasn't been said before. But I have been enchanted from my first glimpse of the Donau. Yes. I am repeating myself. It's ancient. And Beautiful. But unlike my first love, Prague, I understand Vienna, because she speaks German. 

We didn't take many pictures. It rained on Saturday. So beautiful, wet grey streets, old grey buildings and splashes of coloured umbrellas. But here's some pictures:

Mozart


 Dis die Kunshistoriese Museum.

 The Museum of History and Art

Om die museum sit sulke cherubs

These little cherubs adorn the building




en iemand met 'n sin vir humor het dié een 'n glas in die hand gestop. Nou lyk hy ekstra vrolik! Sommige persone sal dalk daaroor frons, maar ek en my Brombeer het dit vreeslik snaaks gevind.



and someone with a sense of humour gave one a glass, Now he looks even merrier. It may be frowned upon by some, but we found it hilarious.
 Hier is die St Stephen's katedraal:

This is St Stephen's Cathedral:
 




 Daar was soveel mense. Ek het in 'n bank gaan sit terwyl Brombeer die foto's geneem het.

It was packed. I sat in a pew, while Mr Grumpy Bear took some pictures.

 
 Kyk die gekleurde vensters- anders as die prentjies vensters, is dié net gekleurde blokkies. Dis pragtig.


 Iemand het besluit om die beligting in die kerk ook met gekleurde gloeilampies te doen. Is daar nie genoeg prag en praal nie? Ek het nie van die bontspul gehou nie, en soos almal weet, deins ek selde weg van 'n paar blertse kleur.

Look at the pretty coloured windows- unlike the usual pictured windows, these are just squares of coloured glass. They are lovely.

Someone decided to use coloured globes for lighting. Isn't everything in there glamorous enough? I didn't like it, and everyone knows I am not scared of a little colour. But that may be just me...





Hier is die plek waar ons graag gestop het vir koffie- dis net om die hoek van die losieshuis waarin ons gebly het, en blykbaar een van die tipiese tradisionele Weense café's. Die kelners is hoflik, maar baie gereserveerd, en baie baie bekwaam. Die pryse is heel billik. Vir ontbyt het ons daar 'n saggekookte eier en twee varsgebakte broodjies met heuning/konfyt geëet. Die heerlike koffie word, soos hier in Praag ook, met 'n glasie water op die kant bedien. O so beskaafd.

This is the café where we caught our breath a few times. It is just around the corner from where we stayed. Apparently it is one of the traditional Café's. The waiters are competent, but reserved. The prices are fair, and the food and drink sublime. For breakfast we had soft boiled eggs, with freshly baked rolls, served with honey or jam. A small glass of water is served with the wonderful coffee. O so refined!




Nou mag daar van my lesers wees wat agter hulle hande sal proes, as ek sê hierdie was vir my amper 'n groter hoogtepunt as die Donau:

There may be readers who snicker when I say this was as exiting as the Donau. My first sighting of Yarn bombing!




Dis 'Yarn Bombing', en dis gepleeg in Mariahilfer, 'n straat vol wonderlike winkels. Om 'n lelike konstruksie stelasie te verfraai.

This yarn bomb was dropped in Mariahilfer Street, a wonderful shopping street, to prettify some scaffolding.




Vir diegene wat nie weet nie "Yarn Bombing" is 'n soort straat- kuns, soos graffiti, maar natuurlik minder permanent. Dit het in Nederland begin in 2004, en het sederdien soos 'n veldbrand oor die wêreld versprei. Aanvanlik is mense se oorbly brei en hekelwerk gebruik, maar deesdae owrd daar ook spesiaal vir die doel gebrei en gehekel. Ek vind dit plesierig en innoverend, en kan nie wag om self daaraan deel te neem nie. Gaan kyk bietjie hier as dit jou ook intereseer.

For those who are not familiar with the concept of  Yarn Bombing, it is a kind of street art, like graffiti, just less permanent. It was first reported in the Netherlands in 2004, but it took the world by storm. I find it happy and innovating, and I can't wait to take part in one. Go here if you are as fascinated as I am.

In my vorige inskrywing, het ek vertel van die fênsie hotel wat toe nie so fênsie was nie. Want in Wene het ons in 'n nederige losieshuis ingeboek, en was aangenaam verras. Dis binne in 'n ou gebou, maar heeltemal modern. K&T is spartaans gemeubileer, maar beskik oor alles wat nodig is om jou moë lyf te laat rus. Dis skoon en baie gerieflik. Om in en uit die gebou te beweeg het elke keer my asem weggeslaan. Want dit lyk so:

In my previous post I told you about the fancy hotel that wasn't as fancy as it pretended to be. In Vienna we booked into a humble boarding house, and we were pleasantly surprised. Situated inside a very old building K&T is very modern, with all the necessities to rest you tired body. It is clean, and comfortable. And the building is a treat to enter:




En hier staan ek, met my uil-handsakkie (wat my beste reisgenoot naas die Brombeer is), baie selfvoldaan want ek is in Wene, en aan my is 'n wals belowe.

 Here I stand, with my little owl bag (it turns out to be the best travel companion besides Mr Grumpy), very chuffed, because I am in Vienna and a walz was promised to me.

Dis dan my storie oor Wene. Vir oulaas is hier 'n foto van die Donau. Dis deur die trein of busvenster geneem, maar julle kan darem 'n stukkie sien.

This was my fling with Vienna, then. Here is a picture of the Donau, taken through the bus or train window, just to give you a slight glimpse of its magnificence.



En dis hoe die Oostenrykse platteland deur die teinvenster lyk. Mooi, né.

And this is the Austrian countryside. Isn't it lovely?









 En vir julle wat nog dit nog hoegenaamd kan verduur om verder te lees, hier is 'n gedig waartoe my ervaring my gedryf het:

Vienna moved me to poetry, but sadly only in Afrikaans.

Wene

Ek het die Donau gesien
blou, blouer as blou
en ou gebou na ou gebou
beelde in parke
en perde en koetse voor kerke
terwyl ek verbete
aan my sambreel vasklou.










2013/05/15

Cesky Krumlov

Ek sit hier, in ons woonstel, in Praag. In Praag! Ja, ek kan nie beskeie daaromtrent wees nie, al probeer ek. Ek belowe dis nie my ma wat my so geleer het nie. Sy het my geleer mens spog nie so nie. Mens wees nederig. Maar soos ek seker al honderd keer gese het, daar is niks, niks nederig aan Praag nie. Dis oud. Dis statig. Dis mond-oophang mooi.
Maar ek wil eintlik vandag van Cesky Krumlov vertel.

I am sitting in our studio-apartment in Prague. In Prague! Yes, I am boasting, because I still can't believe my luck. My mother taught me to be humble, but there is really nothing humble about Prague. Prague is breathtaking. She is ancient. She is dignified.

But today I want to tell you about Cesky Krumlov.



 

 Dis 'n  plattelandse dorpie, wat uit die middeleeue dateer. As vriendin Gerdi my nie daarvan vertel het nie, sou ek waarskynlik nooit eens daarvan geweet het nie. Dis naby die Oostenrykse grens, met die Vltava rivier wat daardeur vloei. Die dorpie tros om 'n kasteel, en kerke.

The country town was established in the middle- ages. I probably wouldn't even know about if my friend, Gerdi hasn't told me about it. It near the Austrian border, and the Vltava river runs through it. It nestles around a castle and churches.
Die Kasteel  The Castle

Die oorspronlike deel van die kasteel is al voor 1250 gebou. Ek gaan julle nie met die geskiedenis verveel nie, maar gaan lees gerus hier as dit jou interiseer.Wat my amuseer is die feit dat die kasteel al sedert die 1700 deur bere bewaak word. Hulle bly in die moot  onder die brug wat na die kasteel toe loop, en oukersaand kry hulle 'n boom vol gemmerbrood, vrugte en ander lekkernye. Julle kan hier en hier meer oor die bere lees, en foto's sien.  Ons het nie geneem nie, daar was te veel mense op die brug. Maar ons kon hulle darem te sien kry.

The original part of the castle was build before 1250. I wont bore you with the history, but you can read about it here. What amuses me, is the fact that bears have guarded the castle since the 1700's, and four of them still do. They live in a moat with a bridge over it. On Christmas eve they are treated to gingerbread, fruits, and other titbits they enjoy. We didn't take pictures, there were to many people on the bridge, but you can go here and here to read more.





Die kasteel begin hier, voor, en eindig doer agter waar die gotiese toring uitsteek. 

The castle starts here, and it goes beyond the Gothic tower at the back.



 Kyk hoe pragtig is die toring!

Look at the lovely tower!

 St Vitus Kerk/ St Vitus Church

Die St Vitus kerk is in 1340 begin bou. Dit word steeds gebruik, en 'n mens mag nie binne foto's neem nie. 
They started to build the Church of St Vitus  in 1340. It is still operational, and picture taking is not allowed.

Hotel Ruze

 Die hotel waarin ons gebly het, Hotel Ruze, is in die sestiende eeu oorspronklik as 'n klooster en universiteit gebou, en grens aan die kerk.

We stayed in Hotel Ruze, which  used to be a monastery and university, attached to the church.





Die renaissance binneversiering pas perfek by die geskiedkundigheid van die 16de eeu gebou. So het ons kamer gelyk:

Its charming Renaissance decor matches the history of the 16th century building. This was our room:



Kyk die lieflike ou plankvloere, en oral hang ou sklilderye. Ons het ongelukkig vergeet om van die res van die hotel ook foto's te neem, maar daar is mooies op  hierdie  webblad.

Look at the lovely wooden floor. Unfortunately we didn't take pictures of the rest of the hotel, but you can go  here to have a look.



En die lieflike uitsig deur ons kamervenster.

The lovely view from our bedroom.

Ongelukkig is dit waar my lofsang van die hotel eindig. Die verblyf was terleurstellend, en gladnie wat ek van 'n vyfster hotel verwag het nie. Te klein handdoeke, en een met 'n gat in! Geen badskuimpies, en roompies nie- net sulke suinige baie klein koevertjies met tort-gel/sjampoe, 'n wattetjie, en twee oorstokkies! Geen pantoffels of japonne nie. En geen sjokolade op die kussing teen slaaptyd nie. Om die waarheid te se, is ons kamer nie eers reggemaak vir die aand nie. Geen bo-lakens nie, en geen koffie en tee- maak geriewe nie. As jy dors word is ietsie uit die peperduur minikroeg jou voorland, of iets (ewe duur) van die hotel se kroeg af.
Eers het ek gedink ons is dalk maar net in Suid- Afrika bederf met uitstekende akkomodasie, want ons drie ster plekke is baie beter as wat dié een was.  Maar ek was verkeerd. Die veel goedkoper, en spartaanse losiesiehuis in Wene, was uitstekend. So, hotel Ruze is net vir kyk. Vir lekker bly is daar sekerlik iets beters!
 Hoekom so grênd wou wees, in elk geval, mag jy dalk wonder. Dis so mooi! Dit het so spesiaal gelyk! En dit was my verjaardag!

Maar ek is nie hier om te kerm nie. Die hotelpersoneel was baie profesioneel, en bekwaam, en die ontbyt was heel bevredigend. So dit was nie 'n slegte ervaring nie, net onbevredigend.

Unfortunately opulence is all there is to it. It was quite disappointing for a five star hotel. Small towels, and one with a hole in it. No small lotions and soaps. No slippers or robes. Our beds were not turned down, and there were no chocolates on the pillow. No tea and coffee making facilities. If you happen to be thirsty you have to go out, or have something ridiculously expensive from the mini-bar, or the hotel's bar. 
I thought that we may have been spoiled by our excellent standard of accommodation in South Africa, but the lovely (much, much cheaper) boarding house in Vienna proved me wrong. Hotel Ruze is lovely to look at, the personnel is capable and friendly, and their breakfast is fine, but, if you want a more comfortable stay, go somewhere else! 
Now you may wonder why we went for something so grand in the first place. Well, it seemed amazing. It seemed special. And it was my birthday. 

Ete en Drinke/ Eating and Drinking

Aan na die volgende. Ek het heuningkoek en tee (dit was my verjaardag!)  gehad op die dek van een van die vele restaurante.

I had honey cake and tea as a birthday treat on the deck of a restaurant.




en dis die uitsig wat ek gehad het.

and this was the view we had.



 Sien, die meeste restaurante het so 'n dek met 'n lieflike uitsig.

Most restaurants have decks to admire the views from.

Maar dié een nie, want Restaurant Catacombs
 is in die maag van die dorp, in 'n katakombe! Vir ingeval iemand nie weet nie, 'n katakombe is 'n ondergrondse begrafplaas. Gelukkig was daar geen teken van die vroeëre ontslapenes nie! Wat van hulle geword het, weet ek nie.

But not this one, because  Restaurant Catacombs is in the belly of the town, in a catacomb. Where the remains of the ancient dead that was buried there, are now, I do not know.




Daar is plekke op die trappies waar ek nie eens regop kon staan nie, en Brombeer moes heeltyd gebukkend trappe klim.

There were places on the stairs where even I couldn't stand upright. Mr Grumpy Bear had to duck the all the time.



Die kos was so-so, maar ons was gelukkig, want die bier en wyn was koud, daar was soveel skoonheid om ons, en die beste van alles, ons was bymekaar!

The food was mediocre, but we were happy. Because the beer and wine was cold, loveliness surrounded us, and best of all, we were together!

Nog 'n paar Foto's

A few more Pictures


 Selfs diefwering kan mooi wees

Even burglar bars can be amazing!

 Die riooldeksels lyk amper almal só

Most of the man-hole covers look like this.

 Die dorpsplein

The town square

Een van die vele stegies

One of the many small alleys.
En 'n laaste Woordjie/
 And a last Word. 
Oral is winkeltjies (veral juweliers winkels) en eet en drinkplekkies. Drank is vrylik beskikbaar, en ons het self 'n hele drankwaentjie op straat gesien, wat deur vrolike javels wat defnitief hulle ware getoets het, beman is.  Dis ingestel op toeriste, so dis nie besonder goedkoop nie (behalwe bier, dis goedkoop). maar die mense is heel vriendelik, en kan meestal ten minste 'n bietjie engels praat. Ons was net 'n dag lank daar, maar dit was te kort, ek sou graag 'n paar dae wou bly. Net nie in hotel Ruze nie.
Fluit fluit, my storie oor Cesky Krimlov is uit. As daar enige-iets is waaroor jy wonder, vra gerus. Ek sal antwoord as ek kan. More vertel ek van Wene.

Small shops (especially jewelery) and eating and drinking places are everywhere. Liquor is readily available, and we saw a liquor cart on the street. The cart's boisterous proprietors have surely tested their merchandise! The town is tourism-orientated, so it isn't cheap (exept for the beer). But the people are friendly enough, and most of them speak at least a little English. We were ther only for a day, but I would have liked to stay longer. But not in Hotel Ruze.

This is my story for today. If you have any questions, ask away. I will try to answer them. Tomorrow I will tell you about Vienna.



2013/05/05

Net so voor my Reis/ Before I travel

Almal wat my ken weet teen die tyd ek gaan Praag toe. Ek moet myself keer om dit in hoofletters met 'n uitroepteken te tik, so opgewonde is ek. Ek gaan by my Brombeer, wat nou al vir 'n paar weke daar werk, kuier. Ek vertrek Dinsdagaand, en arriveer Woensdagoggend.
Julle kan dink alles is in rep en roer by hierdie poplap se huis. Ek is nie gewoond daaraan om alles net so te los nie. Al weet ek my Seuna sal mooi na homself, ons katte, kond en huis kyk. Al weet ek ek het 'n engeleskare in die vorm van my groot kinders, familie en vriende wat laer om hom trek. Al weet ek hy is groot, en selfstandig, en verantwoordelik. Al weet ek 'n maand is kort. Al weet ek ek gaan by my Lief wees, en 'n ongelooflike tyd he. Al weet ek dit alles, fladder my so bietjie.
Voor ek gaan, wil ek darem vir julle wys wat ek die afgelope tyd gewerskaf het. Dis nou behalwe die banale middelklas dinge soos wasgoed was, huisskoonmaak, kook ens. Ek het toe die kombers klaargemaak waarmee ek hier besig was. Hy is lief en sag en ek is tevrede.

If you know me well, you would know by now that I am going to Prague. I have great difficulty not to write it in shouty letters, because it has been a dream for such a long time. I am visiting Mr Grumpy Bear. He has been working there for a few weeks already.
You can amagine the busy buzzing here. I am just not used to leaving everything.  I know my sweet son will look after himself, and the cats, and the dog. I know I have my grown up children and family and friends who will make sure he is all right. I know he is grown up, independed, and responsible. I know a month is short. I know I am going to be with my love, and that I am going to have a wonderful time. Still. He is  my baby and my heart is fluttering a bit.
Before I go, I  want toe show you what I have been doing. I finished the blanket I told you about here. It is lovely and soft and I am happy with it.


 
Voordat ek die bersie gehekel het, het ek hierdie kussingoortreksel gehekel, geispireer deur die vatlappies waarvan ek in my vorige inskrywing vertel het.

Before I started the blanky, I made this pillow, inspired by the potholders I told you about in my previous post. I just love the pattern:



En vir die reis het ek 'n klein handsakkie gemaak waarin ek al my nodigste goedjies teen my lyf kan dra.

For my trip I made me a small bag I can wear close to my body, to carry essentials.

 

Ek het die uil-blokkie patroon hier gekry.

I found the owl square pattern here.


So lyk hy van naderby:

Here's a closer look: 



Agter het ek 'n sakkie wat met 'n knopie toemaak

A pocket at the back closes with a button



en 'n sakkie wat met 'n ritssluiter  toemaak.

and another one closes with a zip.


 agterin.

Ek het dit met pienk gevoeroering, en binne-in is 'n sakkie vir my foon en paspoort.

I lined it with pink fabric, and inside I sewed a pocket for my phone and passport.


Dis dan vandag my storie. Volgende keer skryf ek vir julle uit Praag!

This is my story for today. The next time I will be writing from Prague!





2013/03/26

Intussen / Meanwhile

My Brombeer is (weer) oorsee, besig om my wolgeld  ons daaglikse brood te verdien. Ek verlang, en ek sukkel met goed soos 'n studente-kar wat breek en besproeiingspypies, en luise op die rose, weghol-tamatieplante wat goed soek om teen op te rank, modems wat oppak, en 'n leë plek agter my rug snags.

Mr Grumpy Bear is busy earning money for our daily wool  bread on the other side of the world, and I am alone again. I miss him terribly, and struggle with mundane things like my son's temperamental car, broken irrigation pipes, pests on my roses, runaway tomato vines, busted modems, and an empty place behind my back at night.

Maar ek het my 'big girl panties' aangetrek, en ek doen wat ek moet doen, sonder 'n geween en 'n gekners van tande. Stefan help waar hy kan, maar hy moet gewoonlik douvoordag uit, en kom laat terug, en leer tot hy skuinslê.

But I pulled up my big girl panties, and I do what I have to do when it must be done. Stefan helps a lot, but normally he is out at daybreak, and back late, and studying like mad.

Ek tel die slapies (daar nou minder as twee weke oor, seker so ses verby) totdat my Brombeer vir 'n wekei huistoekom, voordat hy aanbeweeg na die volgende projek, in die volgende land, en intussen knutsel ek voort.

Mr Grumpybear wil be home next weekend, for a week, and then he will be on his merry way again to yet another foreign country. I get crafty to keep my sanity.

Ek het vir 'n vriendin vir haar verjaardag 'n jassie gehekel, van die sagste sagste gare Serena Bamboo. Dis 'n vreeslike maklike patroon wat ek hier gekry het, en dit het heel vinnig gegaan.

I made this coat for a friend, using the softest Bamboo yarn, and this pattern. The pattern is as easy as pie.



My aantrekpop het ongelukkig nie arms om te lig sodat julle die wye moue kan sien nie. 
 
 Unfortunately my manikin can't show you the lovely wide sleeves, because se has no arms!

Die patroon is vir 'n baadjie- lengte, maar toe ek weer sien, was dit so lank soos 'n jas. 

The pattern s for a medium length jacket, but I just kept on crocheting and it became a coat. 
Ek raak nogal meegevoer, veral as ek lekker stories het om te kyk. Onthou julle Little House on the Prairie? Ek het vir my die DVD's aangeskaf om lang eensame aande te besweer, so ek hekel en kyk heerlik, en as ek weer sien is 'n baadjie 'n jas.

I get a bit carried away when I'm watching lovely stories like Little House on the Prairy. I bought the DVD's to help me survive all the long, lonely evenings without the love of my life.


Ek het aan nog 'n geskenk gewerk, maar ek kan nie te veel wys sonder om die aap uit die mou te laat nie.

I worked on another gift, but I can't show too much without letting the cat out of the bag.



Dit is deur my kontrolebestuurder goedgekeer.
It has my quality control managers' approval!


Verder het ek 'n stapel allermooiste vatlappies gehekel.
I also crocheted a pile of potholders.



Dit was vir my so lekker ek het net aangehou en aangehou, so daar is baie persentjies wat wag vir die regte persoon op die regte tyd.

I enjoyed it so much, I just kept going, and now I have a lot of presents waiting.




Hierdie is my gunsteling patroon en dié is vir my die mooiste kleurkombinasie.

This is my favourite pattern, in the colours I like most.



 Om die waarheid te sê, die kleure was vir my so mooi saam, dat ek lus was om nog iets daarmee te doen, en ek dink toe aan die kleure in hierdie kussing.
I loved the colours so much, I wanted to do something else with some of it, so I thought about the colours in this pillow.


En een ding lei tot 'n ander

One thing leads to another

 

en toe ek weer sien, 
and before I knew it

het ek 'n nuwe blokkieskombers begin! 
I started on a new granny square blanket!



Fluit fluit, my storie vir vandag is uit.