20 Sep. 2013

Uit my hoek/ From my corner

Vandag wil ek vir julle een van my gunsteling plekke in die wêreld wys. Dis my hoekie op die bank:

Today I want to show you one of my my sweet spots in the universe. This is my place on the couch:



Hier skop ek my skoen uit

Here I can kick off my shoes



en raak gemaklik. Tannie Soekie ook.

and get comfy. Aunt Soekie too.



'n Wolkat, so tussen die wolle.


 

 Mei-Mei het haar plekkie ook:

Mei- Mei has her spot too:





Dis wat ek van my hoek af sien, as ek kombuis toe kyk.

This is my view towards the kitchen.



Kyk gou ons vrugtebak. Maatjie Maraaitjie het dit vir my gegee, en ek gooi die vrugte uit as ek brood wil knie.

Look at our fruit bowl. My friend Marietjie gave it to me, and I love it. I also use it to kneed bread in.



Maar wat ek eintlik will wys is die yslike suurlemoene wat ons by my pasella- ma gepluk het:

But I want to show you the huge lemons we picked from my mother in law's tree.



Dis 'n gewone appel, en 'n papino. Het jy al so iets gesien?

This is an ordinary apple, and a papino. Have you ever seen one this big?

Ek gaan nou vir my tee maak, en 'n stukkie van die piesangbrood smeer wat ek vanoggend gebak het. Laat weet my as jy nie 'n lekker resep het nie. Dié een is heerlik, en ek gooi 'n koppie neute ook in.

I am going to make myself a cup of tea now, and have a piece of the banana loaf I baked this morning. Let me know if you need a good recipe. This one is delicious. I add a cup of nuts. 



Watter koppie sal ek kies?

Which cup shall I choose?

 



 












Ek gaan een van Melanie se mooi bordjies gebruik.

I am going to use on of the lovely plates my friend Melanie gave me.



Dis wat ek sien as ek in die kombuis staan.

This is my view from the kitchen.









Ek gaan nou eers, ek gaan my storie kyk.

I am going to watch my program now.



As jy kom kuier, kan jy hier sit.

When you come for a visit, you can sit here.


En jy mag ook jou voete op die tafel sit.

And you may put your feet on the table.



Groete van my huis, na joune. 

Greetings from my home, to yours.


2 opmerkings:

Unknown het gesê...

Ag nee nou verlang ek sommer ekstra baie na jou.

Santie het gesê...

Ek verlang na jou ook, Sussa. Daar is vir jou 'n plekkie langs my op die bank. Tannie Soekie kan op jou skoot sit.