20 Sep. 2013

Vyf en Twintigste Herdenking/ Twenty Fith Anniversary

 3 September 1988




Ek het te veel om te sê oor vyf en twintig jaar se getroud wees. Daarom deel ek vandag een van my gusteling gedigte, wat vir my nogal gepas is, na 'n kwart eeu saam. Lees maar die Engelse een ook, dis ewe mooi, en so beskrywend. Die gedig is in my ou "Mooiste Afrikaanse Liefdes Verse" maar ek het dit ook hier gekry.

Vrae

En was ek ‘n boek, verslete
sal jy nog soms ingedagte
blaai deur die strofes
van my bestaan,
verbrokkelende beelde herroep,
vergete verwysings na jouself
tussen die verkreukelde blaaie soek
of ‘n vers dalk weer lees
omdat dit sin gemaak het tóé?
Sal jy hoor hoe ek bekend
ritsel onder die liefkosings van jou hande?

Van die baie blaai
sal ek plek-plek
sommer vanself oopval,
my vir jou oopvou
teen die lig.

Johann de Lange


I have too much to say about a marriage of twenty five years, so I chose a beautiful poem to share with you.



 


A Kiss in the Dark

By Linda Chase

She has thickened around the middle
like a successful custard
on a wooden spoon.
Her face had grown square, strong.

Her legs are sturdy with veins
showing at the backs of her calves
Firm, muscular thighs fold slightly
Over her knees when she stands.

Skin blemishes, of course,
and bloating around the eyelids.
Her breasts begin to swell
halfway down her chest.

She won’t let her upper arms show
and wears sleeves even when it’s hot.
A well chosen standing collar
detracts from her throat.

She loves you, nevertheless.
At arms length, she ventures
A first caress in the dark
Will you go on from there?

1 opmerking:

Sherry from Alabama het gesê...

Happy belated anniversary! 25 years is a great testament of true love.