09 Nov. 2013

Hier's ek weer, hier's ek weer / It's me again

Ek wonder of iemand agter gekom het hoe lank ek weg was. Dis 'n laaaang storie. Maar ek sal julle nie daarmee verveel nie. Ek is weer hard aan die werskaf. My Brombeer is terug Praag toe (hopenlik gaan kuier ek en my seuna binnekort) en daar het 'n stilte op die huis neergedaal. As dit nie vir my wolwerke en leesstof was nie, het ek nou in sak en as gesit.
 Ek mis 'n lyf langs my in die bed. Ek mis iemand om 'n grappie mee te deel. Ek mis die perfekte koppie koffie in die oggend, en die perfekte G&T in die aand. Ek mis die skoot waarop my voete lê voor die TV. Ek mis groen vingers in die tuin, en die waardering vir my kos. Ek mis 'n duisend klein goedjies wat my Brombeer my maat, my geliefde, my spesiale persoon maak.
Maar die lewe moet aangaan. Die tuin word nog steeds droog, ek en Seuna moet ook eet, ons het nog steeds wasgoed, die diertjies soek nog steeds kos en kosvoorade word nie meer vanself aangevul nie.
 O ja, en daar is wolneste om te ontrafel,

I wonder if anybody noticed how long I've been gone. It's a long story. i won't bore you with it. But I am on the go again. Mr Grumpy Bear went back to Prague (we hope to visit him soon), and the house is quiet. If I didn't have my woolly crafts, or my books, I wouldn't be this chirper.
Because I miss a body next to me in our bed. I miss someone to share a joke with. I miss a perfect cup of morning coffee and a even more perfect sundown G&T. I miss a lap for my feet when I lie on the couch watching TV. I miss green fingers tending our garden, and great appreciation for my food. I miss a thousand little things which make my Grumpy Bear my companion, my lover, my special person.
But life goes on. The garden still gets thirsty in our blazing South African sun. My sweet son and I still needs to eat. There's still laundry to do, and pets needing feeding.  Our food supply doesn't magically replensish itself now. 
And there is tangles of wool to unravel,



 

en koeke wat soebat om gebak te word.

and cakes begging to be baked.



Daar is komberse wat klaar gehekel moet word,

There's blankets asking to be finished,


en nog 'n Tree of Life in wording.

and another growing  Tree of Life.


Daar is boeke wat wag om gelees te word, en liewe groot kinders en vriendinne wat kom kuier. En as ek te veel verlang, maak ek 'n koppie tee, en gaan soek hom aan die ander kant van die kuberruim, waar hy besig is om ons daaglikse brood te verdien.

There's books waiting to be read, lovely grown-up children, and wonderful friends coming to visit.
If I miss my sweetheart too much, I can make myself a cup of tea, and look for him in cyberspace, where he is busy making our living.

Groete van huis tot huis, soos altyd!

Warm greetings from my home to yours, as always.

Geen opmerkings nie: